1,2 kg varkribbetjies

Sous

60 ml tamatiesous

25 ml klam bruinsuiker

15 ml soetrissiesous

30 ml sojasous

30 ml suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 190  °C en voer twee bakplate met foelie uit. Pak die ribbetjies op die bakplate en bak vir sowat 30-40 minute tot amper gaar. Haal uit die oond en laat effens afkoel. (Dit is belangrik, anders sal die marinade net afgly as jy dit op die vuurwarm ribbetjies smeer.)

Meng al die bestanddele vir die sous saam. Bedek en verkoel tot reg om te gebruik.

Voorverhit die oond se roosterelement tot baie warm. Smeer die ribbetjies mildelik met die marinade en oondrooster tot gaar na jul smaak. Smeer gereeld nóg van die marinade oor. (Jy kan die ribbetjies ook oor matige kole braai, pleks van oondrooster.)

Sit voor met aartappelskyfies. Lewer 6 porsies