• 30 ml olie
  • 2 uie, fyn gekap
  • 4 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 5 cm-stuk vars gemmer, fyn gerasper
  • 1 groen brandrissie, ontpit en baie fyn gekap
  • 15 ml groen kerriepasta
  • 15 ml vissous
  • 15 ml bruinsuiker
  • 250 ml room
  • 1 blik (440 ml) klappermelk
  • Sap en fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen of 2 lemmetjies
  • Sout, swartpeper en ’n knippie suiker na smaak
  • 500 g ferm witvis, in blokkies gesny
  • 250 ml mosselvleis
  • 3 groot calamaristeaks, in repies gesny
  • 250 g vars aspersies, in stukkies gesny
  • 60 ml vars koljanderblare, om oor te sprinkel

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie, knoffel, gemmer en rissie daarin tot sag.

Voeg die kerriepasta by en braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die vissous, bruinsuiker, room en klappermelk by en verhit tot kookpunt. Prut die sous vir ’n paar minute en voeg die suurlemoen- of lemmetjiesap en -skil by.

Geur die sous na smaak met sout, peper en suiker. Voeg die vis, mossels, calamari en aspersies by, bedek en laat prut vir 3-5 minute. Haal die deksel af, sprinkel koljanderblare oor en sit voor op gestoomde jasmynrys.

Lewer 6 porsies

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.