15 ml olyfolie

12 varkworsies

1 chorizo (of ’n soortgelyke wors), in dun skyfies gesny

1 ui, in wiggies gesny

2 knoffelhuisies, gekap

5 ml gerookte paprika

125 ml witwyn

6 murgpampoentjies, in happiegrootte stukkies gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

375 ml hoenderaftreksel

’n Paar takkies vars tiemie

1 blik (420 g) botterbone, gedreineer

1 blik (420 g) suikerbone, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n oondvaste swaarboomkastrol en braai die worsies en chorizo daarin tot die varkworsies gaar is.

Voeg die uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg die paprika by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die wyn by en laat vinnig opkook.

Voeg nou die murgpampoentjies, tamaties, hoenderaftreksel, tiemie en bone by. Prut vir ’n paar minute, bedek die bak en sit in die oond.

Bak vir 30 minute, of tot die sous verdik en geurig is. Sit voor op koeskoes, rys of kapokaartappels met ’n slaai daarby.

Lewer 6 porsies