As die snoek loop, is klein snoekboboties met klappermelk of karringmelk in die vla-bolaag op die Oos Wes-restaurant se spyskaart. As daar vars mossels uit Saldanha kom, word elke bakkie versier met drie gestoomde mossels in die skulp. Somermaande sit Stefan dit voor met geroosterde steenvrugte soos appelkose of perskes, in plaas van blatjang.
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
’n Paar takkies pietersielie en tiemie, gekap
1 rooi brandrissie, fyngekap
1 middelslag-wortel, fyngerasper
750 ml gevlokte vis
Sout en peper na smaak
1 dik sny witbrood, gedoop in 250 ml melk
Sap van 1 suurlemoen
2,5 ml neutmuskaat
15 ml bruinsuiker
1 eier, geklits
Gaar mossels vir opdiening (opsioneel)
Bolaag
250 ml karring- of klappermelk
2 eiers, geklits
30 ml fyn blatjang (opsioneel)
Sout en peper
Suurlemoenblare
Gevlokte amandels
Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die ui en knoffel sowat 5 minute in ’n pan, voeg die kerriepoeier en borrie by en braai nog ’n minuut. Sit dit in ’n mengbak. Voeg die pietersielie, tiemie, brandrissie en wortel by die uiemengsel. Vlok die vis in klein stukkies en voeg dit ook by die uiemengsel. Geur met sout en peper.
Druk die oortollige melk uit die brood en meng die brood saam met die suurlemoensap, neutmuskaat, bruinsuiker en eier goed by die vismengsel in. Skep in ’n gesmeerde oondskottel of 4-6 klein bakkies. Maak gelyk bo-op.
Bolaag: Klits die karring- of klappermelk, eiers, blatjang, sout en peper saam en giet dit oor die bobotie(s).
Rol suurlemoenblare soos sigaartjies op en druk dit plek-plek in die bobotie(s) in. Bak vir 35-40 minute. Strooi gevlokte amandels oor en pak ’n paar gaar mossels bo-op. Eet saam met witrys.
Lewer 4-6 porsies
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier