Kors

1 pakkie (200 g) klapperkoekies, fyn gedruk 50 ml botter, gesmelt 45 ml kondensmelk

Vulsel

500 ml melk 15 ml botter 60 ml vlapoeier 45 ml suiker Knippie sout

Bolaag

1 blik (397 g) kondensmelk
100 ml suurlemoensap

Meng alles vir die kors saam en druk vas in ’n tertbord van 30 cm x 20 cm. Verhit 400 ml van die melk en die botter saam tot kookpunt. Meng die vlapoeier, suiker, sout en 100 ml melk saam tot glad. Voeg van die warm melk by die vlapasta en meng.

Gooi alles terug in die kastrol, prut en roer tot verdik en gaar. Giet op die kors en laat afkoel. Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam en skep oor die vla. Verkoel tot benodig. Lewer 10 porsies.