750 ml bruinbroodmeel

625 ml volkoringmeel

250 ml hawermout

25 ml bruinsuiker

15 ml sout

20 ml kitsgis

250 ml sonneblomsaad

250 ml-mengsel van pampoensaad, sesamsaad, papawersaad en lynsaad (plus ekstra om oor te sprinkel)

30 ml olie

1–1,25 liter louwarm water

Meng ál die droë bestanddele goed saam. Voeg die olie by die water en voeg dit by die droë bestanddele. Roer tot die mengsel goed gemeng is. (Die mengsel moet effens slap wees en skoon van die kante van die mengbak af wegtrek.)

Bedek die bak met ’n skoon teedoek en laat rus die deeg vir 20 minute. Smeer 3-4 middelslagbroodpanne goed met olie. Skep die broodmengsel in die panne (maak die panne net-net half vol).

Sprinkel ’n bietjie van die saadmengsel oor die deeg. Bedek die panne weer losweg en laat staan op ’n warm plek tot die panne vol gerys is.

Bak die brode vir ongeveer 45 minute tot deurgaar. Lewer 3-4 brode.