180 ml gemmerstukke in stroop, gekap

250 ml vrugtekoekmengsel

80 ml brandewyn of lemoenlikeur

125 g sagte botter

125 ml strooisuiker

2 eiers

310 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

45 ml brandewyn of lemoenlikeur om oor te smeer

Voorverhit die oond tot 150 °C, smeer ’n broodpan van 8 cm x 

26 cm goed en voer uit met bakpapier. Smeer weer. Meng die gemmer, vrugtekoekmengsel en brandewyn of likeur in ’n bak. Laat staan vir sowat 15 minute. Klits intussen die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed n elke byvoeging.

Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel (in brandewyn) by en klits tot gemeng. Skep in die voorbereide pan en bak vir sowat 1½-2 uur of tot ’n toetspen skoon uit die broodjie kom. Smeer die brandewyn of likeur met ’n kwassie oor die brood sodra dit uit die oond kom en laat die brood dan heeltemal in die pan afkoel. Keer uit en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer sowat 10 snye. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.