30 ml olyfolie

10 ml komyn

10 ml gemaalde koljander

3 ml borrie

2 wonderpeperkorrels (pimento)

5 ml garam masala (gebruik kerriepoeier as jy nie masala het nie)

6 kerrieblare

10 ml fyngekapte, vars knoffel

10 ml gerasperde, vars gemmer

2 groen brandrissies, met pitte en al fyngekap

2 blikke (410 g elk) tamatiepuree

Tamatieblik vol water

Sout en suiker na smaak

Verhit die olie in ’n kastrol en voeg die speserye en kerrieblare by. Braai ’n paar sekondes tot geurig.

Voeg die vars knoffel, gemmer en brandrissies by en braai oor lae hitte vir ’n minuut of twee, tot die knoffel sag en gaar is.

Voeg nou die tamatiepuree by. Maak een van die tamatieblikke vol water en voeg dit ook by.

Verhit die sous tot kookpunt en prut vir 10-15 minute tot dit effens afgekook het. Geur na smaak met sout en suiker. Gebruik warm of louwarm.

Lewer ongeveer 625 ml sous