Optimizor Premium is ’n hoëgehalteproduk wat deur die maatskappy se eie dierevoedingskundige en veearts geformuleer is, spesifiek vir Suid-Afrikaanse honde. Pluimveemeel en rys in die resep voorsien optimale proteïenvlakke – tot 20% meer as toonaangewende supermark-handelsname, sê RCL.
Vita Care, ’n mengsel van 23 vitamiene en minerale, word ook ingesluit om ’n gesonde immuunstelsel te verseker. Optimizor Complete is met omega 6-olies aangevul vir ’n gesonde vel en pels, asook met Vita Care. Albei soorte is vir onderskeidelik volwasse honde en klein hondjies beskikbaar in verpakkings van 5 kg, 10 kg of 25 kg.


Prys: 
Pryse wissel.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.