Die onlangse skerp daling in Bitcoin se prys is nog vars in beleggers se geheue. Die prys het van $19 343,04 na $6 914,26 getuimel, verteenwoordig ’n persentasie daling van 64,25%. 

Ethereum se prys het terselfdertyd van $1 393,10 tot ’n laagtepunt van $593,52 het op ‘n daling van 57,39% gedui. 

Die prys van Ethereum het deur die loop van Januarie beter gehou as dié van Bitcoin. Daar het eers in Februarie nog ’n daling plaasgevind, wat die laaste deel van die dalende neiging verteenwoordig het.

Bitcoin se hoofdoel is om ’n betaalmiddel in die virtuele wêreld te wees. Dit maak gebruik van sogenoemde blokkettingtegnologie.   

Ethereum het meerledige doel

Ethereum is meerdoelig. Hierdie kriptogeldeenheid bied ook ’n betalingsfunksie in die virtuele wêreld, maar dit gaan oor meer as dit. Ethereum is basies ’n sagtewareplatform wat deur middel van blokkettingtegnologie bedryf word. Gevolglik kan sagteware-ontwikkelaars hul eie gedesentraliseerde toepassing op die Ethrerium-platform grond. Hierdie desentralisasie beteken onder meer dat daar nie sensorskap deur ‘n derde party gedoen word nie. Bedrog deur derde partye is ook bykans onmoontlik.

Enige bedryf wat met kontrakte werk, kan voordeel trek uit Ethereum. Wanneer “slim kontrakte” op met die blokkettingtegnologie bestuur word, word dit soos ’n program. Hierdie program word in werking gestel wanneer sekere goed gebeur.  ’n Voorbeeld is wanneer ’n boek aanlyn bestel word. Eers wanneer die koper die boek ontvang en ontvangs erken, vind die betaling plaas. ‘n Derde party  hoef nie deel van die transaksie te wees nie. Gevolglik is die moontlikheid van bedrog minder.

Die vraag is natuurlik hoe hierdie slim kontrakte Ethereum se prys sal ondersteun? Wanneer daar transaksies volgens hier slim kontrakte gedoen word, is die transaksies betaalbaar in Ether. Ether is die programmeerbare geldeenheid wat op die Ethereum platform gebruik word.

My gevolgtrekking is dat Ethereum (Ether) deel moet wees van ‘n gediversifiseerde kriptogeldeenheid-portefeulje. ’n Goeie begin punt is om die vier grootste kriptogeldeenhede in ’n portefeulje te sit: Bitcoin, Ethereum, Ripple en Bitcoin Cash.

Kriptobeurse wat Suid-Afrikaners kan gebruik, sluit in Luno en Ice3X. Daar moet glad nie geld op derde partye se platforms belê word nie. 

* Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, asook ’n geregistreerde finansiële/Yield-X-handelaar op die JSE by BVG Commodities (lid van die JSE). Hy praat Maandagaande om 18:45 op RSG Geldsake. Sy kontakbesonderhede is e-pos: edwin.smit@bvg.net; tel. 012 484 4013.

Die volgende dienste word gebied:

  • Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X-lisensie (JSE). Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.
  • Die ruil van fisieke kontant met die samewerking van Absa en Investec, asook omskakeling van rande na dollars, euro’s en ponde, en omgekeerd.
  • Aandeleportefeuljebestuur met die samewerking van Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandeleverslae.