Rand-dollar-wisselkoers

In dié tydperk het die rand versterk van R11,95 tot R11,72 per dollar (grafiek 1). Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan die versterking van die dollar-geldeenheid asook die verandering in politieke leierskap van die Suid-Afrikaanse regering.

Internasionale mielieprys

Die internasionale prys van Amerikaanse mielies op die CME-beurs het effens versterk met byna $2 per skepel.

Grafiek 1.
Grafiek 2.

Plaaslike mielieprys

Plaaslik het die prys van wit en geel mielies onderskeidelik met R22 en R28 per ton afgeneem (grafiek 2). Die wydverspreide reên wat in die tyd voorgekom het, het groeiomstandighede verbeter. Daar word ‘n meer normale oes verwag, wat veroorsaak dat die prys nader aan uitvoerpariteitvlak beweeg. Die versterking van die rand teenoor die dollar het ook ‘n bydrae gemaak om die uitvoerpariteit te verlaag.

Oliesade:

Die prys van sonneblomme en sojabone het met ongeveer R100/ton afgeneem in die tydperk.  Die versterking van die rand/$, asook die beter groeiomstandighede, het ook hiertoe bygedra.

Reën:

Goeie reënneerslae is gemeet in die afgelope week (kaart 1).

Kaart 1.
Die mielies groei geil in Argent, Mpumalanga. Foto: BVG Weerstasie