Die eienaar, mnr. Martin Ras van Afric Afrikaners, Hoopstad, het die stoetbul aan mnr. Johan en me. Susan Scheepers van Sanmaroux Afrikaners, Stoffberg, verkoop. Ras is ook die eienaar van die duurste vroulike dier op die veiling, ‘n dragtige vers wat vir R60 000 aan mnr. W.J. Boshoff van Boshoff Afrikaners in Zeerust verkoop is.

Die naashoogste prys van R105 000 vir ‘n bul is deur mnr. Estienne Cronjé van Deelfontein Afrikaners, Winburg, aan mnr. David van der Linde van Geelbos Afrikaner, Standerton, betaal. Dr. Pieter de Kock van Pronk Afrikaners, Thabazimbi, het ‘n bul teen R70 000 aan mnr. Pierre-André Cronjé, Grootkuil Afrikaners, Theunissen, verkoop. Mnr. Julian Balt van Sanra Afrikaners, Carletonville, het ‘n koei met kalf teen R50 000 aan Boshoff verkoop, wat ook 'n koei teen R46 000 by me. Lexi Bramley, Holmesdale Afrikaners, Bloemfontein, gekoop het.

Die omset het R2 646 500 beloop. Bulle is teen gemiddeld R57 818 verkoop, koeie gemiddeld R15 000, verse gemiddeld R16 333, dragtige verse gemiddeld R25 487, en koeie met kalwers gemiddeld R32 166.

Die veiling is deur Vleissentraal Bloemfontein aangebied. – CHARL VAN ROOYEN

Die duurste bul op die nasionale Afrikanerbeesveiling wat vir R135 000 deur mnr. Martin Ras van Hoopstad aan mnr. Johan en mev. Susan Scheepers van Stoffberg verkoop is. Foto: Verskaf