Die duurste dier, 'n vers (nr. WIL 14 920, op foto), is teen R155 000 aan mnr. PJ Mlangeni van Witbank verkoop. Verse het gemiddeld R68 473 stuk behaal.  Mnr. Paul Duarte van Pretoria het ’n koei met ’n bulkalf  teen R120 000 gekoop.  Koeie met kalwers het gemiddeld  R41 049 stuk behaal. ’n Bul is aan Mastrec Vaal, Meyerton, teen R70 000 gekoop en bulle het gemiddeld R60 000 stuk behaal. André Kock & Seun en Simon Hughes Marketing het die veiling gesamentlik aangebied en mnr. Clive Gardener was die afslaer.