Mnr. Mpho Sekonyela van Maseru, Lesotho, het dit reggekry om die beste (en die duurste) ram van Retief Geelbek Merino’s saam te neem Maseru toe. Op die stoetery se vorige produksieveiling in Februarie het Sekonyela die derde duurste ram teen R64 000 gekoop, wat hom vasberade gemaak het om die beste ram op die volgende produksieveiing te bekom. Die naasduurste ram is teen R52 000 aan mnr. JP Stander van Uniondale verkoop.

Die veiling is op die plaas Gordonsfontein, Hanover, gehou en die omset was  R4 046 600. Die aanbod van 82 ramme is teen gemiddeld R12 000 uitverkoop, terwyl altesame 1 067 ooie gemiddeld R2 740 behaal het.  

Vyf bulle van die Karoo Drakensbergerklub is ook op die veiling teen gemiddeld R27 800 verkoop. Die veiling is deur BKB Cradock behartig.

By die duurste ram is, van links, mnre. Gert Jordaan, afslaer, Mpho Sekonyela, koper, en Willem en Kleintjie Retief. Foto: Johanette van Heerden