Die totale aanbod op die veiling is uitverkoop. By die duurste ram is, van links, mnre. Brynard, Thinus van Schalkwyk van BKB, Appie Maritz, afslaer, Geoff en me. Janette Kingwill, kopers, van Graaff-Reinet, en Abraham de Wee, hanteerder. Die duurste ram is verkoop aan Geoff en Janette Kingwill van Graaff Reinet vir ‘n bedrag van R 33 000. Die gemiddeld oor die 31 ramme was R 14 838 gewees. Die veiling is deur BKB aangebied.