Altesame 44 ramme is teen gemiddeld R8 057 verkoop.

Die duurste ram is teen R19 000 verkoop aan Paul Broeksma vir R19 000. Die naasduurste ram ('n poena) is teen R18 000 aan mnr. Billy van Zyl van Cradock verkoop. 

Altesame 270 dragtige ooie is uitverkoop teen pryse van R1 750 tot R2 750.

OVK het die veiling aangebied.

By die ram is, van links, mnre. Adrian McNaughton, verkoper, Chris Curtain van OVK wat namens die koper opgetree het, en André van Zyl, afslaer.