Die duurste bul (nr. HOT15-454, foto) is teen R250 000 aan die Schalk Burger-boerdery van Pretoria verkoop. Dié boerdery het ook die duurste strooitjies semen teen R6 200 gekoop. Koeie met kalwers is teen gemiddeld R63 143 verkoop en dragtige koeie teen gemiddeld R44 526. SHM Afslaers het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. Johan van der Nest.