Volgens die afslaersonderneming House of Fibre eis die droogte sy tol en boere is huiwerig om gevoerde aanteelvee te koop voordat voldoende reën nie geval het nie. Die duurste ram (foto) van mnr. Jordi en me. Gay van Hasselt van Prins Albert is teen R20 000 aan mnr. Sean Hobson van Jansenville verkoop. Die van Hasselt's het ook jong ooie teen R2 400 stuk verkoop. Altesame 85% van die aanbod is teen gemiddeld R7 100 verkoop. Stoetramme het gemiddeld R16 100 behaal kudderamme gemiddeld R12 000. House of Fibre het die veiling aangebied.