Die duurste bul, nr. BOS R12-125 is teen R350 000 aan mnr. Don McHardy van Dargle (KwaZulu-Natal) verkoop. Altesame 28 bulle is teen 'n puik gemiddelde prys van R84 607 verkoop. Die duurste koei (nr. BOS R07-81) met verskalf BOS R18-27 is teen R210 000 aan mnr. Theo de Marillac van Gravelotte verkoop. Hy het ook die duurste dragtige vers teen R130 000 gekoop. Semenstrooitjies is teen gemiddeld R604 verkoop, terwyl koeie met kalwers gemiddeld R39 733 behaal het, koeie gemiddeld R30 896 en dragtige verse gemiddeld R43 070. Die veiling is gesamentlik deur André Kock & Seuns en SHM Afslaers aangebied. Die afslaer was mnr. Clive Gardner.