Altesame 13 stoetbulle is teen gemiddeld R51 615 verkoop. Dragtige stoetverse het gemiddeld R43 125 behaal. Kommersiële, vroulike diere se gemiddelde pryse was soos volg: R25 857 vir Simbrakoeie met kalwers, R21 643 vir dragtige Simbrakoeie, R20 000 vir dragtige Bonsmarakoeie en R24500 vir dragtige Brahmanverse. Die veiling is aangebied deur SHM Afslaers en die afslaer was mnr. Johan van der Nest