Die bul is deur mnr. Hennie Jacobs van Wolmaransstad geteel en aan mnr. Johan Kloppers van Brits verkoop. Bulle het gemiddeld R44 333 stuk behaal, koeie en koeie met kalwers gemiddeld R28 909 en verse gemiddeld R22 632 stuk. Drie vroulike diere is teen R40 000 stuk verkoop. Die veiling is deur SHM Afslaers aangebied en die afslaer was mnr. Johan van der Nest.