Die duurste Beefmasterbul, nr. ROCK15-262 (foto), is teen R90 000 aan die Osterloh-stoetery, Komga, verkoop. Die duurste Shorthornbul ROCK15-614 is teen 'n SA rekordprys van R65 000 aan die Hurwitz-boerdery, Davel, verkoop. Beefmasterbulle het gemiddeld R47 167 behaal en Shorthornbulle gemiddeld R43 778. Die veiling is aangebied deur SHM Afslaers en die afslaer was Johan van der Nest.