Die duurste bul wat tot dusver vanjaar op enige Brahman-veiling verkoop is, HOT 13-303, is deur mnr. Linde du Plessis van Fouriesburg aan mnr. Cobus Bekker van Mokopane verkoop. Bulle het 'n puik gemiddelde prys van R120 500 stuk behaal.

Die duurste dragtige vers (BAR 15-47) is teen R140 000 aan mnr. Schalk Burger van Pretoria verkoop. Die verkoper was mnr. Willem Barnard van Mokopane. Verse het gemiddeld R49 000 stuk behaal.

Die duurste koei met kalf (APS 12-37) is deur mnr. Paul Stemmet van Senekal teen R130 000 aan mnr. Jose Maciel van Secunda verkoop. Koeie met kalwers het gemiddeld R63 750 behaal.

Maciel het ook die duurste dragtige koei (BOS 10-202) teen R90 000 van mnr. Burnie Staal van Kroonstad gekoop. Dragtige koeie het gemiddeld R48 750 stuk behaal.

Mnr. Jan Mostert was die afslaer en die veiling is deur BKB Louwid Kroonstad aangebied.