Dié bul is uit die Smith Brangus-stoetery (Kimberley) van mnr. JH (Kosie) Smith. Die koper is mnr. David Mashinini van die plaas Sophiasdeel naby Bethlehem.

Altesame 65 vooraf prestasiegetoetste bulle en 42 vroulike diere is aangebied. Rooi Brangusbulle het ’n uitstekende gemiddelde prys van R86 000 behaal. ’n Aantal topbulle en kuddevaars het boonop R200 000 of meer behaal.

Vir kommersiële boere was daar ook goeie teelmateriaal teen meer bekostigbare pryse beskikbaar met net meer as 20 bulle wat teen minder as R50 000 verkoop is.

Die groot vraag na vroulike diere het goeie pryse vir verkopers beteken. Die gemiddelde prys vir koeie was R43 000 en dragtige verse het gemiddeld R28 000 behaal.

Die afslaer was mnr. Andrew Miller en die veiling is deur BKB Louwid aangebied.