Die duurste ram is teen R30 000 aan mnr. Jacques Bester van Moorreesburg verkoop. By die ram is, van links, mnre. Pieter Groenewald van BKB, Hannes Kotze, verkoper, Appie Maritz, afslaer, Bester, Jeremy Cleophas, kuddemeester van Alexandershoek, en me. Michele Ziervogel van Absa (borg). Die ramme het gemiddeld R11 492 behaal. Die veiling is deur BKB aangebied.