Die veiling van mnr. Chris Richter is vanjaar aanlyn deur SwiftVee aangebied. Sowat 103 kopers het geregistreer. 

Die aanbod van 28 bulle is teen gemiddeld van R95 000 verkoop. Kopers het selfs uit Zimbabwe en Frankryk gebie. 

Dr. Obakeng Mfikwe van die Simbra-stoetery Lekatu, Lichtenburg, het Rolls Royce (nr. JHR16263) teen die naashoogste prys van R270 000 opgeraap. 

Dié seun van die bul Ruben is een van die bestes in die bedryf. 

Die poenskopbul Provider (nr. SSG14121) is teen R170 000 aan me. Daleen van Zyl van die Simbra-stoetery Dalvan, Potchefstroom, verkoop. 

Mnr. Ian Grobbelaar van Vleissentraal was die afslaer.