Tydens dié veiling is die meeste ramme (472) wat nóg wat op 'n Merinoveiling in Suid-Afrika verkoop is, opgeveil. 

Boonop is die duurste ram teen R100 000 verkoop – die meeste nóg vir 'n Konsortium-ram. Mnre. Johan en Roelof Theron van Mikneiah-boerdery, Murraysburg en Johan Moolman van Dunedin, Beaufort-Wes, het die ram gekoop. Die vorige hoogste prys vir 'n Konsortium-ram was R80 000.

Me. Madelaine van Heerden, woordvoerder van Konsortium, sê die groep is trots op sy teelmateriaal wat telkens boere na hul veilings lok. Al 472 ramme is teen gemiddeld R8 158 stuk verkoop.

Op die “geraasveiling” in die skeerhok is 178 ramme teen gemiddeld R11 610 stuk verkoop en op die stilveiling het 294 ramme gemiddeld R7 631 stuk behaal.

Altesame 198 ooie is teen gemiddeld R2 321 stuk verkoop. Die hoogste prys was R2 450 stuk vir 'n groep handelsmerkooie. Mnr. Pietie Roux van Noblesfontein, Victoria-Wes, het hulle gekoop. GWK het die veiling aangebied.