Die duurste dier, 'n Simbrabul (nr. JHA 14-92C, op foto) is teen R85 000 aan mnr. Rian van den Burgh van die Kannabos-trust, Winburg, verkoop. Die duurste Brahman (nr. JHAT 14-79) is teen R80 000 aan mnr. Francois Tokin van die JD Tonkin-boerdery, Standerton, verkoop. Simbrabulle het gemiddeld R47 690 stuk behaal, terwyl Brahmanbulle teen gemiddeld R43 458 stuk verkoop is. Vleissentraal Ermelo het die veiling aangebied.