Volgens die telersgenootskap word 'n premie van tot 30% deur sekere voerkrale vir Wagyu-kruiskalwers betaal. 'n Kommersiële bul wat teen tot R120 000 gekoop word, is volgens die Wagyu-telersgenootskap dus steeds ‘n winskoop. Altesame 48 lotte is op die veiling aangebied en teen gemiddeld R86 770 verkoop. Die omset was R4,165 miljoen. Verse het gemiddeld R128 000 behaal, koeie gemiddeld R77 500, koeie met kalwers gemiddeld R135 000 en bulle R62 000. Die duurste dier was 'n vers (foto) wat teen R410 000 deur dr. Ryan Jeffery van Gauteng aan mnr. Gerald Dreyer van Oos-Londen verkoop is. Die duurste bul is teen R230 000 verkoop.