Alle geld wat met kaartjieverkope, gelukkige trekkings en veilings ingesamel word, sal geskenk word om strooibale en mielies aan te koop vir boere in gebiede wat deur die droogte geraak word.

Die familiedag word aangebied by Eastern Cape Motors se 4x4-oefenbaan en sluit ritte op die 4x4-baan, kosstalletjies, musiek en ander vermaak in.

Die Kooperasie sal die voer versprei.

Die dag word aangebied met die samewerking van Ford Suid-Afrika, La Sport 4x4 Megastore in PE, Luister FM, Algoa Steel Roofing, Extreme Terrain Adventurs, NATKO Cattle Rails & Hunting Rigs, Infanta 4x4 Trailers en die stad Port Elizabeth.

Skenkings kan ook gemaak word.

Vir nog besonderhede gaan na Eastern Cape Motors William Moffat se Facebookblad of Die Kooperasie se webwerf.