Vrystaatse boere is gevra om kalm te bly te midde van die omstrede grondvoorstelle dat plaaswerkers tot 50% van boere se grond moet kry. Dié beroep kom van die Vrystaatse LUR vir landbou, me. Mamiki Qabathe.

Dirk Kok berig op OFM se webwerf dat Qabathe Donderdag, 10 April, op ’n streekvergadering van Vrystaat Landbou, wat deur plaaslike politici en inwoners bygewoon is, gesê het die ANC-regering sal nie grond links en regs afvat nie.

Samewerking bepleit
Sy het groter samewerking en 'n beter vennootskap tussen die ANC-regering en boere bepleit en gesê kommersiële boere moet help met die vestiging en ondersteuning van opkomende boere.

Luidens OFM het Vrystaat landbou se voorsitter, Dan Kriek, gesê dit was ’n goeie en versoenende vergadering met die LUR. Kriek se boodskap aan Qabathe was dat VL óók 'n verantwoordelike organisasie is. VL het juis verlede jaar sy grondoudit van die Vrystaat voltooi om as vetrekpunt te gebruik vir sinvolle en werkbare grondhervorming.

Bronne:
Lees die volledige berigte hier:
OFM

OFM