Die jarelange verhouding tussen Bayer Suid-Afrika (Edms) Bpk en Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het tot ‘n einde gekom. Bayer versprei en bemark van 1 April 2016 af nie meer OBP se produkte nie, sê die RPO in sy jongste nuusbrief.

OBP moet nou regstreeks gekontak word vir navrae oor sy produkte. Bayer bly verbind tot sy kern-dieregesondheidbesigheid in Suid-Afrika.