Skryf in vir die Jack Human Bewaringslandbouweek in die Wes-Kaap, aangebied deur Bewaringslandbou Wes-Kaap. Dit behels 'n praktiese dag op 2 Augustus op die plaas Klipfontein, tussen Caledon en Villiersdorp  gevolg deur 'n konferensiedag op 4 Augustus by Elsenburg.

Aangeheg is die inskrywingsvorm of jy kan alternatiewelik die skakel gebruik vir vinnige internet-registrasie. Inskrywings later as Woensdagmiddag 27 Julie R600 beloop.

Hieronder is van die sake wat onder die loep gaan kom:

Praktiese dag - 2 Augustus 2016

Verskillende skyfplanters – aanbiedings (Rovic Leers, Equilizer, John Deere).

Vooropkomsmiddels en skyfplanters (7 behandlings).

Wortelontwikkeling oor twee verskillende bemestingspraktyke.

Dekgewasse demonstrasies.

Koring ná vorige dekgewasse.

Middagete en kuier: 13:00.

Konferensiedag - 4 Augustus 2016

Inteken: 07:45 tot 08:45

Prof. Ruttan Lal, Ohio State Universiteit: Die boustene van bewaringslandbou en hoe dit inmekaar skakel.

Groepsbespreking: “Back to basics” – Is ons boustene in plek?

Lourens van Eeden: Hoe sien ek bewaringslandbou in my omgewing.

Prof. John Howieson – Sentrum vir Rhizobium Studies, Murdoch University Wes-Australië - Rizobium en die belang van peulplante.

Prof. Brad Nutt: Sentrum vir Rhizobium Studies, Murdoch University Wes-Australië - Serredella en verbetering van grondfertiliteit in sanderige gronde

Danie Slabber, voorsitter, Riemlandstudiegroep – My no-till verhaal.

Inskryfvorm hieronder.