De Jager het ’n beloning van R150 000 aangebied nadat 98 van sy Charolais-Bonsmara-kruiskalwers op 14 Maart gesteel is.

Dit het die veediefstaleenhede van Kuruman en Vryburg net meer as ’n week gekos om die kalwers terug te vind en ’n verdagte in hegtenis te neem. Luidens ’n verklaring van die polisie het die 37-jarige verdagte die polisie na drie boere geneem aan wie hy die kalwers verkoop het.

Sodoende is 82 van die kalwers in die Noord-Kaap en 3 in Gauteng opgespoor.

De Jager sê hy sal met die polisie skakel om te besluit of hy die beloning gaan uitbetaal.