’n Boer wat daarvan aangekla is dat hy ’n plaaswerker aangerand het en na bewering agter ’n bakkie gesleep het, is onskuldig bevind.


Mnr. Neels van Biljon van Odendaalsrus is in Maart 2009 as ’n wreedaard en rassis gebrandmerk ná weersprekende verklarings wat deur mnr. Andries Xaba aan die polisie gemaak het.


Landdros Susan Meintjies het egter bevind dat Xaba (61) se getuienis in die hof ongeloofwaardig was.


Stryery oor skape

Van Biljon is van die plaas Vergenoeg tussen Odendaalsrus en Kroonstad. Xaba het meer as 30 jaar op dié plaas gebly en het eers vir Van Biljon se skoonpa gewerk.

Xaba het destyds aan Volksblad vertel dat hy en Van Biljon gestry het oor twee skape wat hy moes slag.

Lees ook: Inspeksies op Vrystaatse plase frustreer


Vuisgeveg

Die stryery het in ’n vuisgeveg ontaard. Later het hy erken dat hy deur die oop venster van Van Biljon se bewegende bakkie na hom gegryp en saam gehardloop het tot hy geval het.


Dit het tydens die hofsaak aan die lig gekom dat Xaba se weersprekende verklarings die rede was hoekom daar vermoed is dat Van Biljon hom met die bakkie gesleep het. Xaba was glo ook nog onder verdowing en in erge pyn toe die eerste verklaring afgeneem is.


Lees hier meer.


Lees ook: Tydelike plaaswerkers se lot bekyk


Bron: Volksblad


14 Julie 2011