Die terugplaas van krag met laevolt-verbindings is nog nie goedgekeur nie, maar dit behoort einde vanjaar gereed te wees.

Mnr. Chris Schutte van die maatskappy Sonfin, wat boere hiermee help, sê hy is optimisties dat goeie prosedures vir medium- verpligvolt-verbindings gereed is waarmee boere sonkrag suksesvol in die netwerk kan terugplaas.

Schutte sê Eskom beperk wel die hoeveelheid krag wat teruggeplaas kan word, tot 15% van ‘n gebied se gemiddelde kraggebruik: “Dit is die perk wat die Regering goedgekeur het om seker te maak Eskom se netwerk word nie oorlaai nie.”

Boere kan die krag wat hulle opwek aan Eskom verkoop, maar Eskom sluit net eenjaarkontrakte daarvoor. “Eskom kan homself nie tot toekomstige koste verbind nie omdat hy nie weet hoe sy begrotings gaan lyk nie,” sê Schutte.

Schutte moedig boere dus aan om eerder krag te “bank” – ’n spesiale kragmeter is daarvoor nodig. Die krag word nie opgeberg nie, maar die boer kan die krediet wat hy kry vir die hoeveelheid krag wat hy teruggeplaas het, later gebruik.

Kontrakte daarvoor word vir ‘n langer tydperk gesluit, wat die kapitale uitgawe die moeite werd maak. Dit is ook moontlik om derdepartykontrakte aan te gaan, waardeur ‘n boer byvoorbeeld aan sy buurman krag kan lewer.

* Lees volledige artikel daaroor in Landbouweekblad van 24 April 2015.