Die berig “Woolies soek roofdier-vriendelike vleis” het wyd die aandag getrek, en veral op Landbouweekblad se Facebook-blad is heelwat kommentaar gelewer. Binne twee dae het dit meer as 16 000 mense op LBW se Facebook-blad bereik en meer as 80 het kommentaar gelewer.

Hier is van die kommentare:

Melissa Nel Knoetze: As ons skape vriendelik is met die roofdiere dan word hulle opgevreet.

Tiaan Botes: Woolworths kan bly wees hul kry nog plaaslik vleis want soos die jakkalse hier ini Karoo aangaan sal daar binne kort nie meer lamsvleis wees nie!

Stephan Meyer: Lyk my daar is nou 'n mark vir ons half geëte karkasse by Woolworths. Dit was mos roofdier vriendelik gewees voor dit gevreet word.

Riaan Joubert: Sluit dit die roofdiere wat bicycle ry in?

Sarie Nell: Met ander woorde hulle gaan al minder vleis kry om te verkoop! Nou dink hulle regtig irrasioneel. Pleks hul gaan kuier by hul verskaffers op die plaas om al die verhale van verliese en hartseer en verskeuring deur roofdiere aan te hoor, dan sal hulle tot ander insigte kom.

Hester Obermeyer: Ai die papierboere darem.

Malette Richardson: Nee wag, roofdier vriendelik, iemand het nie mooi gedink hier nie! Hulle het nie 'n idee wat op skaapplase aangaan nie!

James Williams: Ek het sulke skape teen dubbel die markprys! Nie een van my skape vang jakkalse of rooikatte nie! Kan dit bewys ook!!

Edward Swanepoel: Hoekom? Baklei die skape dan nou terug?

Ben van der Linde: Hulle kan roofdier-vriendelike skaap kry as hulle skaap-vriendelike roofdiere op die plaas kan sit.

Emilize Laetitia Vögel: Hallo, maar julle raak nou darem heeltemal belaglik...Vleis is nou die laaste produk wat ek nog ooit in Woolworths belang gestel het, of die vleisrakke van hulle is altyd leeg of so vrek duur dat jy eerder die vleisie maar los.

Ben Blignaut: Woollies nou het julle dit wragtag verloor, eers was dit geen blankes indiensneming en nou roofdier vriendelike Skape. Wat is volgende?

Manus Bothma: Wie gaan dan vir die verliese betaal wat deur roof diere veroorsaak word?

Lynette Muller: Ag foeitog. Lyk my hulle leef in 'n droomwêreld. Pleks hulle gaan kyk by die boere wat aangaan. Weet nie waar op 'n plaas daar nie roofdiere is wat skape vang en verskeur nie.

Emile Jonker: Ek doen roofdierbeheer en as hulle maar net 'n idee het van al die verliese wat mens elke week sien!?

Juanita Van Zyl: Ja, die skapies glimlag vriendelik en dan word hul opgevreet!

Kosie Pyp Slabbert: Ek sien die nou dag daar op hul rakke, wonder hoeveel gaan daai roofdier vriendelike vleis kos?

Hanro Wallis: Ja Woolies! en ek soek 12 vrouens!

Riaan Joubert: En is WW bereid om 'n premie vir sulke vleis te betaal?

Nico Loock: Wat is volgende?

Anet Roux: Dit sal dan seker soos maalvleis lyk, en verkoop word as verwerkte vleis. Dit sal beslis 2de hands wees. Hahaha arme drommels. Dat mens jou naam so met 'n plank kan slaan.

Riaan Apla Coetzer: Ek het skape wat deur jakkalse gevang is. Hulle kan dit maar kom koop. Ek los dit gewoonlik vir die aasvoëls.

Keady Strauss: Miskien moet Woolies soveel geld spandeer en bietjie tel hoeveel roofdiere daar eintlik is. Miskien sal hulle sien na watter kant toe die balans dan eintlik is.

Gerhard Delport: Hahaha Woolies word vir 'n ride gevat deur klompie groenes... Wonder wat gaan skaap nou per kilogram kos??? Jakkals en rooikat se aanwas en al die ander goed nagevorste data word nie in ag gehou nie. Selfs al staan skaap op voer kraal gaan roofdiere skade veroorsaak...

Ferdi Jacobs: MAW skape moet nou in voerkrale grootgemaak word. Is free range dan uit nou?

Cas van Niekerk: Woolies kan al die karkasse van die half-gevrete skape wat die roofdiere gevang het, kom haal.

Andries van Tonder: Nie-dodelike roofdier bekamping? Borg Anatoliese herdershonde? Duidelik het hulle nog nie gesien hoe lyk 'n jakkals as 'n Anatool met hom klaar is nie.

Korreksie: * Die eerste uitgawe van hierdie artikel se inleiding het só gelui: In ongeloof skud boere meestal net die kop oor Woolworths se aankondiging dat hy “net” skaapvleis wil koop, maar van plase wat nie “tradisionele” metodes gebruik om roofdiere te bekamp nie. Ná 'n klagte van Woolworths is die “net” in dié sin geskrap. Apologie as dit die verkeerde indruk geskep het. – Webredakteur.