Hy het in Desember siek geword en was ongeveer vyf weke in die
hospitaal. Kock wat op 24 Desember 50 jaar oud geword het, het in Centurion
gewoon en laat sy vrou, Henriëtte, agter. Hulle het nie kinders nie.
Sy kollegas het hom as iemand met ’n passie vir die lewe, familie, vriende en sy besigheid beskryf.
Namibiese boer nog ’n slagoffer
’n Bekende boer van Grootfontein in Namibië, mnr. Buks Wahl, is dood aan Covid-19. Hy was sterk betrokke by die beginsel van die uitroei van indringerbosse en die vervanging daarvan met weidings.
Gevolglik het hy ’n leidende rol in die totstandkoming van die Bosbenuttingsvereniging en Bosbenuttingsmaatskappy gespeel om die bemarking van produkte te bevorder wat met ontbossing gelewer is.
Wahl het ook waardevolle gewerk gedoen om plaasveiligheid te bevorder.Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier