Altesame 20 150 besoekers het Bredasdorppark van 4 tot 6 September besoek teenoor 16 245 besoekers verlede jaar.
Vanjaar was 400 uitstallers se produkte en dienste op 480 uitstalruimtes te sien. Mnr. Toit Wessels, assistent-bestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA, sê die meeste besoekers het Donderdag die terrein besoek toe meer as 8 000 mense deur die hekke beweeg het. “Die uitstallers is baie tevrede met die besigheid wat hulle gedoen het. Ons het reeds talle navrae vir stalletjies volgende jaar. Aansoeke om in 2020 by Nampo Kaap uit te stal open egter eers op 1 Maart 2020.”
Mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital en gespreksleier tydens die Nasie in Gesprek-reeks wat tydens Nampo Kaap aangebied is, sê wat vir hom uitgestaan het, was die gehalte van die deelnemers wat aan dié gesprekke deelgeneem het, asook die onderwerpe wat bespreek is. “Ek wil almal, insluitend Graan SA, gelukwens met Nampo Kaap. Ek dink dit is hier om te bly en dit gaan net groter word. As ’n mens kyk na die uitstallers en praat met die besoekers en gaste is almal baie tevrede. Ek sal graag wil sien dat dit ’n instelling soos die Nampo-oesdag op Bothaville word.”
Mnr. Rico Basson, bestuurshoof van die wynbedryforganisasie Vinpro, sê dit was ’n “fantastiese ervaring” om vanjaar die eerste keer aan Nampo Kaap te kon deelneem. “Dit was ook lekker om in een van die land se nuwe wynstreke te kon kuier. Nampo Kaap bied vir ons ’n ongelooflike platform en geleentheid om met ander belanghebbendes te netwerk. Ons sal nou herbesin oor hoe ons dié platform en netwerk in die toekoms nog beter kan benut.”
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier