Hy het gesê die gerugte oor die veediefstalsindikate is skokkend en het dit as “sabotasie teen die ekonomie” uitgemaak.“Hoeveel tyd gee julle ons om terug te kom met ’n plan?” het Cele aan ’n groep leierboere en veiligheidsverteenwoordigers uit die distrikte Bethlehem, Paul Roux, Senekal en Fouriesburg gevra.Mnr. Herkie Viljoen, veiligheidsvoorsitter van die Bethlehem-distrikslandbouvereniging, het gesê twee weke.

Cele het toe belowe dat hy oor 21 dae terug sal wees met ’n plan en marching orders aan die polisie.Viljoen het aan Cele gesê dat sy belofte die hele plaasgemeenskap met hoop vul, maar dat Cele hulle nie moet teleurstel nie.“Minister, ons sal bly wees om jou weer oor 21 dae te sien. Onthou net, die messe gaan uit wees. Ons sal alles gee wat ons het om te help. Ons val nie die polisie aan nie. Ons baklei teen korrupsie. Ons baklei vir oorlewing hier. Hierdie is die einde van die pad vir ons, ons kan nie so aangaan nie.”
bheki cele, herkie viljoen
Mnr. Herkie Viljoen is aan die woord. Foto: Willem van der Berg
cele vergadering
Foto: Willem van der Berg
bheki cele, tommie esterhuyse
Mnr. Bheki Cele in gesprek met mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee

Viljoen het ’n verslag met statistieke en inligting oor veediefstalbendes en polisiebetrokkenheid aan Cele oorhandig. Die inligting kom van sowat 500 boere in die Oos-Vrystaat wat deel uitmaak van ’n veiligheidnetwerk waarvan die beheerkamer in Bethlehem sit.

“Hierdie probleme word al jare lank by die polisie aangegee,” het Viljoen verduidelik. “Ons het al soveel maal gesmeek om hulp. Daar is al hoeveel keer gewaarsku dat dit gaan ontaard. En toe gebeur die moord op Brendin. As dit nie was dat ons dit gesien kom het nie, was dit dalk so bietjie makliker. Daarom is almal so ontsteld en kwaad. En dit gaan nie oor wit of swart nie, dit gaan oor alle boere, hul werkers en die hele plaasgemeenskap. Ons almal loop deur onder hierdie misdadigers.”Sowat R1,2 miljoen se vee word maandeliks in die Oos-Vrystaat gesteel, het Viljoen gesê.

Cele en Dlodlo het albei gevra waarheen hierdie gesteelde vee gaan. “Wie is die mark?” het Cele gevra. “Waarheen verdwyn soveel vee elke maand?” Cele het gesê ander kwessies wat dringend ondersoek moet word, is die polisie se optrede teen veediefstal en ook die feit dat veediewe telkens in hegtenis geneem, maar dan weer losgelaat word.“ Een van Brendin Horner se vermeende moordenaars is al 16 keer in hegtenis geneem. En hy het al twee vonnisse uitgedien. Daar is fout met die hele stelsel as sulke ouens weer uitkom en gaan moor.