Clover sê in ’n verklaring op die JSE se Sens-nuusdiens die datums wat hy voorheen aan aandeelhouers gegee het, gaan nie gehaal word nie.

Die maatskappy sê spesifiek die verwagte afhandelingsdatum, wat Vrydag 3 Mei sou wees, sal nou later wees.

Die maatskappy gee nie nuwe datums nie, maar sê dat hy op Sens en in die Suid-Afrikaanse media ’n aankondiging oor die afhandeling sal publiseer sodra aan sekere opskortende voorwaardes voldoen is.

Dit sluit in dat die plaaslike mededingingsowerhede die beoogde transaksie moet goedkeur en die reguleringspaneel vir oornames ’n voldoeningsertifikaat moet uitreik.

Milco se swartbeleggersvennoot, Brimstone, het hom in April weens druk oor Milco se Israelse bande aan die konsortium onttrek. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.