Hy gaan hom voortaan op sy boerdery- en sakebelange toelê.

“Agri SA betree tans ’n kritieke tydperk waar baie tyd en energie bestee sal word aan die beskerming van die Grondwet en onderhandelinge oor volhoubare oplossings vir grondhervorming,” sê Kriek.

“Die organisasie sal dinamiese leierskap nodig hê om hierdie kwessies aan te pak. Die goeie reputasie wat die organisasie tans geniet, is danksy harde werk wat nog altyd enorme eise aan die leierskap gestel het, myself ingesluit.”

Mnr. Pierre Vercueil, adjunkvoorsitter van Agri SA, sê Agri SA wil sy opregte dank teenoor Kriek uitspreek vir sy leierskap van die afgelope twee jaar en die rol wat hy gespeel het “om Agri SA te posisioneer as ’n invloedryke organisasie wat ’n belangrike rol in die toekoms van Suid-Afrika en veral die landbousektor het”.

Vercueil sal dien as voorsitter van Agri SA tot die kongres in 2020 waarop Kriek se opvolger verkies sal word.