Dié aanleg, wat ten volle deur Suid-Afrikaanse beleggers ontwikkel is, het sedert die begin van die jaar saam met die Bokamoso- en Waterloo-sonkragaanlegte in die provinsie sy bydrae tot die land se kragnetwerk begin lewer, ’n jaar nadat die bouwerk begin het.
Plattelandse gemeenskappe vind ook baat by die aanleg se ontwikkelingsprogramme.
Mnr. Isaac Mmushi, uitvoerende hoof van die Zeerust-aanleg, sê die plattelandse onderwysstelsel word onder meer ondersteun en die maatskaplike ontwikkeling van die mense in die gebied is gerig op die jeug, gesondheid en voedselsekerheid.
Die aanleg is die grootste sonkragprojek in Noordwes met 250 080 sonpanele wat na verwagting 180 GWh jaarliks sal kan lewer, en in die behoefte van sowat 84 000 Suid-Afrikaanse huishoudings kan voldoen.Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier