Almal praat oor grondhervorming en -onteiening sonder vergoeding. Hoewel talle mense óór boere en hulle grond praat, word daar min mét boere oor hul grond gepraat. Landbouweekblad en Agri SA het derhalwe besluit om in die ’n grondberaad in Limpopo, die tuiste van Agri Limpopo, aan te bied waartydens boere oor alle vlakke heen met mekaar en ander belanghebbendes en relevante organisasies oor grond kan praat.

Die beraad, wat op 23 en 24 Augustus 2018 by Wildswinkel se veilingslokaal op Bela-Bela gehou word, sal klem lê op die planne wat boere reeds rondom transformasie en grondhervorming gemaak het én op hul plase of in hul gemeenskappe toepas.

Kommersiële en klein boere, bestaansboere, stamhoofde, kommunale boere, finansierders, landbouondernemings, diensverskaffers, beleidsmakers en tegniese kundiges sal almal aan die beste sakepraktyke wat grondhervorming betref, suksesvolle gevallestudies en die uitruil van idees blootgestel word. Die gevallestudies sal aangebied word deur boere, landbouondernemings, finansierders en beleggers wat in die praktyk deel is van die proses.

Die beraad wil kort antwoorde deur kundiges bied vir die kritiese vrae wat die suksesvolle toepassing van deurdagte grondhervormingsprojekte beïnvloed, soos:

Grondhervorming: Waar staan ons nou?

Binne watter werklikheid moet grondhervorming plaasvind?

Hoe lyk suksesvolle mentorskapmodelle?

Herlewing van boerdery in kommunale gebiede

Hoe ervaar swart boere die landbou/boerdery?

Hoe vernuwe en herstel ons die plattelandse gemeenskappe?

Watter finansieringsmodelle bestaan reeds om grondhervorming lewensvatbaar te maak?

Wat is die voorste landbou-innovasies wat die landbou kan vergroot om meer grond beskikbaar te stel en bestaande boere meer produktief te kry?

Die beraad se uitkomste en inligting sal ook in gebruikersvriendelike handleiding saamgevoeg word wat aan die breër landbougemeenskap versprei kan word.

INLIGTING

Datum: 23 en 24 Augustus 2018

Plek: Wildswinkel se veilingslokaal by Bela-Bela in Limpopo

Koste per persoon vir die twee dae:

R1 785 (BTW ingesluit) 

(Dié bedrag sluit in etes en verversings op albei dae, ’n aandgeselligheid op die eerste aand, en verskeie inligtingsessies en paneelbesprekings.)

Besprekings: Klik op dié skakel om te bespreek.

Navrae: Stuur e-pos aan jacolette.kloppers@landbou.com

BORGE:

AgriSA

MacRobert Attorneys

Senwes

Standard Bank

Obaro

VKB

Die Koöperasie