“Dit is nou vyf jaar wat die droogte ons bietjie vir bietjie knak. Dít is hoe ons lande lyk wat voorberei was om te plant. Ons het in 2016 laas ? oes op hierdie lande gehad…was voorberei met kunsmis en alles vir 2017, en het nooit weer reën gehad om te plant nie. Ons het nou weer voorberei vir plant in 2018, en dít is hoe dit lyk. Daar is geen potensiaal meer nie. Dit lyk soos ? woestyn,” sê mnr. Janes Barnard van die bekende familieboerdery Vlakplaas buite Hoopstad. 

En dan is daar die bykomende prysdilemma, verduidelik Barnard, wat saam met sy pa, broers Abraham en Kobus, boer. Dié boerdery was so kort as vyf jaar gelede Graan SA se bemarkingsbestuurder, en Janes het onlangs Graan SA se Inspirasie-eerbewys ontvang.

Op hul plaas is silo’s wat saam 6 500 ton kan berg, hulle het die laaste jare sowat 3000 ha bewerkbare droëland-grond, alles op ? watertafel wat gemiddeld 1,8 meter diep lê.

“Vir elke wolkie wat oor Botswana inkom val die mielieprys, want dit het reeds mielies gereën.”

Maar hulle het nog nie gaan lê nie, laat weet Barnard. “Geen besigheid kan staande bly as hy weens swak pryse, geen reën en insette wat net aanhou styg, nie sy koste kan verhaal nie.  Dink aan ons boere terwyl almal in ‘n feestelike bui is…ons gemoedere is laag. Ons leef elke dag na aan die natuur, en al wat ons doen is om vir ander te probeer sorg. Dit is wie ons is.”

Minste reën in 112 jaar

Intussen beskryf mnr. Danie Minnaar van Kroonstad en voorsitter van die landboumaatskappy Senwes die situasie as “ongelooflik”. Sy reënvaldata, wat oor 112 jaar strek, wys dit is die droogste September tot Desember in 112 jaar. Teen 27 Desember het Minnaar nog nie ? pit geplant nie. “Die laatste wat ons in die 30 jaar wat ek boer, begin plant het, was 6 Desember," sê Danie.

Mnr. Bully Botma van Bothaville sê hy kon ook nog nie ? pit plant nie.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, bevestig dat die optimale planttyd vir mielies en sojabone nou verby is, terwyl bykans niks in die westelike saaigebiede geplant is nie. Daar is wel nog tyd om sonneblom te plant, maar die moontlikheid dat die 2016-droogte himself kan herhaal, neem by die dag toe.

De Villiers voeg by dat moontlikhede selfs donkerder as met die vorige droogte. “Die meeste boerderye in hierdie gebied is finansieel veel slegter af as wat hulle in 2016 was. Graanpryse is nie hoog genoeg nie, en daarom moedig ons boere nie aan om ? risiko te neem deur in droë grond en verby die optimale planttyd te saai nie.”

Jannie voorspel dat die invoer van witmielies teen pariteit-vlakke van R4000/ton of selfs hoër nodig mag word, wat ook plaaslike pryse na invoerpariteit sal laat opskiet.

De Villiers meen boere in die Vrystaat en Noordwes sal tussen 25mm en 50mm reën nodig hê, net om te begin plant, en daarna onmiddellike opvolgreën. 

“? Rowwe rit wag vir boere en (die res van) Suid-Afrika in 2019.” 

Die moontlikheid van oeste wat te klein kan wees om in die binnelandse vraag te voorsien, lyk by die dag al hoe groter, sê De Villiers.