Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het met die aankondiging dat die verbod behoue sal bly toe aanpassings aan die vlak 3-regulasies gemaak is, ’n pleidooi tot pres. Cyril Ramaphosa gerig om na die hulpkrete van die landbousektor te luister en aanlyn verkope van alkohol en wynproeë en -verkope op wynplase toe te laat. Van der Rheede het gesê Agri SA het met die presidensie geskakel wat die gesprek in oorleg met Didiza gereël het.
In die lig van die versoek is Vinpro en Agri SA deur Didiza versoek om met haar in gesprek te tree oor die probleme in die wynbedryf.
Vinpro, Graan SA, Distell en Agri SA sal die aanlyn vergadering bywoon en sal die wyn-, gars- en ander landboubedrywe met ’n direkte belang verteenwoordig, het Van der Rheede, gesê.
Die vergadering sal nog vandeesweek plaasvind.
Wes-Kaap versoek
Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het ’n skrywe aan dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gerig waarin gevra word dat die verbod op die verkoop van alkohol verslap moet word. Die versoek is vanweë die feit dat die provinsie die spits van sy tweede golf Covid-19-besmettings verbygesteek het.
Hy het voorgestel dat drankverkope van Maandag tot Donderdag toegelaat moet word, maar nie oor naweke nie. Wynplase moet toegelaat word om oor naweke drank te verkoop aangesien dit die tyd is wanneer die meeste besoekers wynplase besoek. Hierdie verkope is belangrik vir die oorlewing van die provinsie se wyntoerisme. Restaurante moet ook toegelaat word om drank saam met etes te bedien.
Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika het, volgens eNCA, Maandag ’n sitstaking by die Uniegebou gehou weens die verbod op die verkoop van alkohol.Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier