“Dit is nog vroeg om 'n oes vir 2019 te voorspel, maar die moontlikheid van 'n misoes groei by die dag.” 

Voor die volgende geleentheid om teen Julie 2020 weer 'n inkomste te verdien, sal die boere eers hul insetkoste – saad, kunsmis, diesel en chemikalieë – sowel as hul vaste koste vir die jaar moet delg. 

De Villiers sê Graan SA sal met insetverskaffers, finansiële instellings en die Regering onderhandel in 'n poging om oplossings te probeer vind. 

Hy benadruk dat die droogte alle boere raak, ongeag ras of grootte.

“Ons sal moet saamwerk om oplossings ons nasie se voedselsekerheid te handhaaf. 'n Droogte is nie 'n politieke kwessie nie, maar een van samewerking om te verseker 'n nasie kan gevoed word."