Trekkerverkope van 478 eenhede in Januarie is byna 18% minder as die 580 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.

Stroperverkope van 16 eenhede is dieselfde as die 16 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.

Mnr. Lucas Groenewald, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê in 'n nuusverklaring die laer trekkerverkope vanjaar weerspieël 'n hoë mate van omsigtigheid in die mark.

Kontantvloei ontbreek na droogte

“Baie boere het nog nie die kontantvloei ná die droogte van die vorige seisoen om die koop van nuwe trekkers te finansier nie. Verder is algemene reën in Februarie nodig om die mielie-oes tot sy volle potensiaal te laat ontwikkel.

“Sentiment in die mark is nietemin goed weens die algemene goeie somerreën wat tot dusver die seisoen geval het. Die sterker rand is ook 'n gunstige faktor wat marksentiment beïnvloed,” sê Groenewald.

Volgens ramings vir 2017 in die bedryf sal algehele trekkerverkope minstens so goed wees soos verkope in 2016.