Mnr. Pieter du Plessis van SA Water Warriors sê om vyf sakke mielies en ’n kospak aan elke boer, asook ’n kospak aan elke familie te skenk, benodig hulle meer as 500 sakke mielies (wat R100 000 sou kos om te koop) en 200 kospakke (wat R60 000 sou kos om te koop).

Hulle het ook ’n borg nodig om ’n voerskenking van die Vrystaat na Laingsburg te vervoer. “Ons benodig vier vragmotors teen ’n koste van R80 000. Ons skenkers en ondersteuners het ons nog nooit in die verlede teleurgestel nie. Kom ons doen alles wat ons kan om hierdie uitreik moontlik te maak.”

Besoek SA Water Warriors se Facebookblad vir meer inligting.