Volgens mnr. Gideon Albertyn van Bredasdorp is die projek, wat deur mnr. Jean-Louis Fourie gereël is, uniek omdat die boere self hul eie voertuie bestuur het en hulle persoonlik die voer gaan aflaai het.

Dit is reeds die tweede skenking uit dié streek, nadat 12 vragmotors begin Desember na boere in die Mosselbaai/Gouritsmondgebied gestuur is.

Mnr. Abra van Wyk, voorsitter van die Sutherlandse landbou-unie, sê dit is wonderlik dat die boere uit die Overberg, wat self nie weet hoe hulle jaar vorentoe gaan lyk nie, hul harte so vir die boere van Sutherland oopmaak.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.